Ramaphosa vra sewe instansies om hulp

Dit blyk dat die nuwe president van die land sukkel om besluite te neem.

Cyril Ramaphosa het sopas sewe instansies gevra om hom te help om ‘n geskikte kandidaat te identifiseer vir die posisie van Nasionale Direkteur van Vervolging.

Dit sluit in die Swart Prokureurs Vereniging, die SA Menseregte Kommissie, Advokate vir Transformasie, die nasionale Vereniging van Demokratiese Prokureurs en die Ouditeur Generaal.  Jeff Radebe (foto) sal die komitee bystaan.

Met diesulkes as raadgewers sal die kandidaat se statuur goed dopgehou moet word, sê regslui.