Ramaphosa dreig met massa grondherverdeling

“Die regering het begin met ‘n massiewe program om grond her te verdeel.”

Dit was die woorde van Cyril Ramaphosa in Natal op Sondag 14 Oktober 2018 nadat hy 4 586 hektaar  grond aan die gemeenskap van Kwa Mkhwanazi oorhandig het. Blykbaar is die grond oorgedra nadat die gemeenskap ‘n eis daarop ingestel het.

Volgens hom is dit die begin van ‘n “rolling mass land distribution programme”.

Skaars ‘n week gelede het hy in die VN ontken dat grond van wittes geneem sal word en aan swartes gegee word.