R200 miljoen se konsultasie en SAID

Tom Monyane en die konsultasiefirma Gartner se R200 miljoen ondersoek rondom die Informasie Tegnologie sisteem en strategie opgradering  het SAID gebring op ‘n punt waar die digitale infrastruktuur op die punt van ineenstorting is.

Dit is Andre Rabie, die waarnemende hoof van IT by SAID, se mening tydens sy getuienis by die Nugent kommissie.

Intussen het die Nugent kommissie aanbeveel dat Moyane onmiddellik vervang moet word deur ‘n permanente persoon, en het die verslag aan Cyril Ramaphosa oorhandig. Dié sê dat hy die voorlopige verslag van die Nugent-kommissie na die Inkomstediens ontvang het en dit sal bestudeer.

Nugent het in die verslag gesê dat hy bewus is van die tugsaak teen Moyane, maar dat dit irrelevant is vir sy aanbevelings.