R18 miljoen projek op ys

Die amptelike onthulling van ’n R18 miljoen projek vir paaie en stormwater opgradering in Soshanguve is op die nippertjie afgestel na klagtes van swak vakmanskap deur die kontrakteur.

2,4,km se pad aanleg en 2,9 km stormwater aanleg is in Julie 2017 begin en na inspeksie het die kontrakteur onderneem om die foute binne twee weke te herstel, wat toe nie gebeur het nie.

Die naam van die kontrakteur is nie bekend aan Die Vryburger nie, alhoewel daar ‘n 99,9% kans is dat dit ‘n swart bevoordelingsmaatskappy is.

Foto: Ter illustrasie