Puigdemont praat oor onafhanklikheid

Dit is reeds meer as ’n jaar gelede dat Carles Puigdemont, as minister-president van die Spaanse deelstaat Katalonië, sy bekende onafhanklikheidsverklaring in die parlement gelewer het op 1 Oktober 2017.

Sy optrede het gelei tot die inhegtenisneming van sy sterkste ondersteuners in die parlement, en hy het uitgewyk na Vlaandere vanwaar hy deur Europa gereis het om sy volk se saak te stel.

In ’n onderhoud wat hy die afgelope naweek gevoer het, sê Puigdmont dat dit noodsaaklik is dat die Spaanse regering en die Kataloniese regering dialoog voer oor die eise van die deelstaat se meerderheid kiesers.

Puigdemont het daarop gewys dat meer as twee miljoen mense in Katalonië steeds hoop op ’n leierskorps wat die deelstaat tot onafhanklikheid sal lei, en almal wil graag sien dat dit deur middel van dialoog met Spanje bewerkstellig sal word.

Hy het ook beklemtoon dat die volk van Katalonië die afgelope 40 jaar streef na ’n proses waarby die Spaanse regering betrokke is om uiteindelike onafhanklikheid te kry.

Foto – Carles Puigdemont