Praag kry sy horlosie terug

Een van die wêreld se oudste horlosies is in ’n die ou stadsaal van Praag se toring, maar moes aan die begin van die jaar verwyder word om dringende herstelwerk te ondergaan.

Nou, na maande se werk daaraan deur spesialiste, het die horlosie wat vir ’n kort tyd gestop het om te loop, weer sy plek ingeneem en hou weer akkuraat tyd soos vroeër.

Die horlosie wat in 1410 vervaardig is, is een van die Tsjeggies hoofstad, Praag, se beroemde toeriste aantreklikhede waarvan die syfer 12 elke uur verder wentel op sy tog om die sirkel te voltooi in 12 ure tydperk.

Die eeue oue horlosie, is in Januarie uit die toting van die stadsaal van Praag verwyder om herstel te word nadat dit op ’n dag gaan staan het en geweier het om verder die tyd aan te dui.

Die stadsaal wat groot skade opgedoen het tydens die Tweede Wêreldoorlog, het ook die horlosie getref en sodanig beskadig dat dit na afloop van die oorlog drie jaar geneem het om te herstel.

Die herstelwerk wat nou gedoen is, het ook ’n paar foute wat nooit aandag gekry het nie, ondervang, en sal weer vir baie jare die mense van Praag verseker van die regte uur van die dag.