Powel wys ambassadeurskap van die hand

En van die Amerikaanse vroue wat as hoogs bekwaam beskou word, Dina Powell, het die aanbod van president Donald Trump van die hand gewys.

Dina Powell, die mees senior vrou van Goldman Sachs, het president Trump telefonies meegedeel dat sy geëerd voel om vir so ’n amp soos ambassadeur van die Verenigde Nasies oorweeg te word, maar dat sy nie die aanbod aanvaar nie.

President Trump en Dina Powell het die afgelope week verskeie kere samesprekings gevoer oor die ambassadeurspos wat vakant geraak het toe Nikki Haley die president verwittig het dat sy bedank.

Powell word as ’n bekwame plaasvervanger beskou, maar het verkies om eerder een van die Amerikaanse president se veiligheid adviseurs te bly.

Foto – Dina Powell