Poolse nasionaliste behaal reuse oorwinning

Terwyl die Europese Unie weinig geduld openbaar met die nasionalistiese Poolse regering, het die plaaslike verkiesings in Pole getoon dat die nasionalistiese regering se steun steeds sterker word

Die nasionalistiese Reg en Geregtigheid party het as algehele wenner in die provinsiale raadsverkiesings geseëvier wat beskou is as ’n toets vir die regerende party se gewildheid.

Die regerende party het groot winste bekom in die afgelope naweek se verkiesings wat die nasionaliste se voorsprong ten die opposisie verder vergroot het.

Wat dit nog meer merkwaardig maak, is dat die regerende party van Premier Mateusz Morawiecki, regoor Pole sy steun vergroot het en meer as 32% van die stemme getrek het teenoor die grootste opposisieparty se 24%.

In tall streke het die regering ’n volstrekte meerderheid gekry wat meebring dat die goedkeuring van nuwe wetgewing makliker deurgevoer sal word.

Die leier van die Reg en Geregtigheid party, premier Jaroslaw Kaczynski, het in reaksie op die uitslag gesê die oorwinnings wat behaal is baan die weg vir ’n sterk oorwinning met die volgende parlementêre verkiesing.