Polisiebeamptes by misdaad betrokke

‘n Oos-Transvaalse polisiebeampte is in aanhouding nadat hy glo ‘n voertuig  gekaap het terwyl hy aan diens was.  Hy het na bewering die man en vrou afgetrek van die pad en hul beveel om uit die voertuig te klim, daarna het hy die voertuig geneem en die staatsvoertuig op die toneel agter gelaat.  Hy is later in hegtenis geneem en die voertuig is herwin en sy wapen is afgeneem.

Intussen het die minister van polisie, Bheki Cele, erken dat meer as 1 000 polisiebeamptes die afgelope vyf jaar afgedank is weens misdade soos moord, verkragting en korrupsie. 230 is afgedank vir korrupsie, 191 vir diefstal, 78 vir moord, 29 vir verkragting en 93 vir bedrog. Cele sê ook dat 13 lede van die polisiediens afgedank is weens verlore vuurwapens wat aan die staat behoort. In die Arbeidshof is daar meer as 400 sake wat steeds hangend is, en nog 126 is afgehandel.