Pole ondersteun VSA in Kernverdrag

In die lig van die moontlikheid dat President Donald Trump van Amerika sy dreigement kan uitvoer deur te onttrek uit di Internasionale Kernverdrag (INF), het die VSA ’n nuwe bondgenoot gekry.

Die nasionalistiese regering van Pole het pas aangekondig dat hy die Amerikaanse president steun in sy beleid om uit die Kernverdrag te tree weens die Russe se oortreding van die akkoord.

Pole het die VSA daarvan verseker dat sy medium afstand missiele welkom sal wees in Pole en het die Poolse president, Andrzej Duda, weereens die blaam op Rusland gesit vir die huidige gespanne toestand.

Die Poolse ondersteuning aan Amerika het spanning teweeggebring met Duitsland, en het bygedra tot die verhoging in spanning wat reeds bestaan het wens die twee lande se verskil oor toelating van onwettige immigrante.

Die Poolse president het in Brussel gesê sy land stem saam met president Trump dat Rusland die bestaande kernverdrag oortree met die ontwikkeling van nuwe missiele wat volgens Rusland nie neergeskiet kan word nie.

Foto – President Andrzej Duda