Poetin wil Trump in Parys ontmoet

Kort nadat President Donald Trump die Russe daarvan beskuldig het dat hulle die Kernwapen akkoord oortree het, en die VSA se adviseur besoek gebring het in Rusland, het president Poetin gesê hy wil Trump in November ontmoet.

Volgens koerantberigte in Europa wil President Vladimir Poetin die Amerikaanse president in Parys ontmoet om ondermeer uitklaring te kry oor die beskuldiging wat teen hom ingebring word.

President Trump het die opmerking van sy Russiese eweknie nie uit Moskou verneem nie maar wel van die VSA se alliansie vennote in Europa.

Tydens die ontmoeting tussen die Amerikaanse Nasionale Veiligheid Adviseur, John Bolton, met President Vladimir Poetin, het die Russiese president gesê hy is beskikbaar en oop vir ’n gesprek om ’n nuwe Kernwapen ooreenkoms te bespreek.

Die gesprek is nodig nadat president Trump gedreig het om te onttrek uit die huidige ooreenkoms met Rusland wat deur presedent Reagan aangegaan is met die Russe.

Waarnemers meld dat die harde optrede van President Trump teenoor Rusland en sy president, die linkse media soos CNN se monde gesnoer het.

CNN het vir maande lank probeer om President Trump te koppel aan die Russe al sou hy goed bevriend wees met die Russiese president, wat nou reeds bewys is as ’n infame leuen en kan gekoppel word aan vals nuusberigte.