Petrolversoeking soos elektriese kabels

Die brandstofprys, wat in Oktober deur die prysplafon gebars het, veroorsaak ʼn nuwe versoeking aan misdadigers wat nou met ʼn aanslag op geparkeerde motorvoertuie begin het. Elektriese kabeldiefstal is reeds ʼn bekende bron van inkomste vir misdadigers.

Een van die nuutste voorvalle het Woensdagmiddag, 3 Oktober, om ongeveer drie-uur plaasgevind waar ʼn dame se motor by die Spar Sentrum in Mayville geparkeer was. Die rower het helder oordag, ten spyte van sekuriteitwagte, die petrolprop oop gebreek om die petrol te steel. Die siffie by die brandstofinlating het ʼn vertraging veroorsaak en die rower het spore gemaak voor hy sy doel kon bereik.

Met die nuwe bron vir misdadige petroldiewe is dit raadsaam om parkeerplekke in die toekoms met sorg uit te soek.