Petrol goedkoper, diesel duurder

Voorspellings is dat die prys van petrol met een of twee sent kan daal in November maar die slegte nuus is dat diesel met meer as 30 sent per liter kan styg. 

Landbouers word weereens swaar belas met die geweldige insetkoste om voedsel te produseer vir die honger mense van die land wat onbewus is waarvandaan die voedsel kom wat met moeite geproduseer word.

So ‘n styging kan ‘n verdere terugslag wees vir boere wat tans gebuk gaan onder finansiële druk na ‘n droogte tydperk en hoë inset kostes.