Parlement ontaard weer in chaos

‘n Ontmoeting van Binnelandse Sake se portefeulje kommitteer met Nicky Oppenheimer het in chaos ontaard toe lede van SLE (SwartLandEerste) gepoog het om Oppenheimer en sy seun Jonathan fisies aan te val. 

Die ontmoeting moes handel oor die privaat terminaal wat die miljardêr familie op die OR Tambo lughawe bedryf, wat na bewering sonder amptelike goedkeuring is. 

Gigaba is deur die hof beveel om Oppenheimer se aansoek goed te keur, maar hy beweer dat hy nie toestemming gegee het nie.

Dit is merkwaardig dat dit wil lyk dat die Hof bevind het dat Gigaba gelieg het onder eed en die konstitusie oortree het. 

Meineed en konstitusionele oortreding plus sy onlangse seks video laat die vraag ontstaan of Ramaphosa hom nog kan duld as minister.

Foto – Nicky Oppenheimer