Oudste skeepswrak in Swart See gekry

Seevaart deskundiges het op die bodem van die Swart See ’n ongeskonde skeepswrak uit die antieke tydperk van die Griekse seevaart ontdek.

Die ou handelsvaartuig word beskou as die heel oudste skeepswrak wat nog in een stuk en “ongeskonde” gebly het.

Professor Jon Adams wat verbonde is aan die Black Sea Maritime Archaeology projek het die Britse span gelei wat die besonder ontdekking gemaak het.

Hy sê die Griekse skeepswrak wat 2,400 jaar gelede op die bodem van die Swart See beland het in ’n onbeskadigde vorm, is ’n merkwaardige gebeurtenis en ontdekking van die skip is ewe merkwaardig.

Die wrak is meer as 2,000 meter onder die water gevind, waar baie min of geen suurstof is nie, het bygedra tot die skip se bewaring vir baie eeue om nie te vergaan nie.