OB se kantoor in finansiële probleme

Die kantoor van die Openbare Beskermer het versuim om hul finansiële state in te dien soos voorgeskryf deur wetgewing.  Die oorsaak daarvan is onreëlmatige uitgawes en wanvoorstellings in state.

Die eenheid het ‘n skuldlas van R18 miljoen terwyl sy laste sy bates met R26 miljoen oorskry. Kontrakte is verleng of aangepas sonder goedkeuring terwyl weinig kwotasie aangevra is vir dienste minder as R500 000.