Nuwe SA tref arbeidsmark

Die nuutste data van Statistiek SA toon dat die land se stagnante ekonomie die arbeidsmark en werkloosheid uiters nadelig getref het.

Bo-aan die lys is huis werkers waar bykans 66,000 werkers jaar tot jaar hul werk verloor het. Die land se werkloosheidsyfer staan tans op 27,5% met die totale werkloses tans op sowat 6,2 miljoen mense.

Veranderinge aan wetgewing en verhoogde minimum salaris bepalings van huis werkers het daartoe gelei dat menige huishoudings besluit het om hul huishulpe te laat gaan.

In die landbou sektor het duisende arbeiders hulle werk verloor weens die besluite van die regime om grondeienaars te dwing om meer te betaal.