Nuusflitse

Lesotho en Gauteng musikante roer mekaar

‘n Vete tussen musikante van Lesotho en Gauteng is klaarblyklik die oorsaak van ‘n skietery buite Ficksburg waarin vier persone gedood en agt gewond is. Die polisie  het ‘n taakspan saam gestel om die skiet voorval te ondersoek.

 

Metrospoor “ontspoor”

Een passasies is doodgeskiet terwyl drie Metrospoor treine weer afgestaan is aan die brand brigade van die Kaap.  ‘n Trein in die Paarl, een in Firgrove en een  in Kaapstad stasie was die teiken van brandstigters.  Daar is reeds in Julie berig dat skade aan treine Metrospoor meer as R210 miljoen gekos het die afgelope vyf jaar.

 

ANC webtuiste en skuld

Volgens berigte is die ANC se web tuiste tydelik “gesluit” weens beweerde nie-betaling van bykans R30 miljoen diensgelde. Unwmbi Communications, ‘n Kaapse diensverskaffer, het na berig hul prokureurs opdrag gegee om die skuld in te vorder.  Die ANC beweer dat die webblad tans onder instandhouding is en dat daar nie uitstaande skuld is nie.