Nuusflitse

Supra soek sy werk terug

Noord-Wes se geskorste premier, Supra Mahumapelo, het hom tot die hof gewend en wel met die hulp van advokaat Dali Mpofu van die EFF.  Daar is nie ‘n einde aan dikvelligheid  as dit by kaders kom wat of geskors of gevra is om te bedank nie.

Shivambu roer joernalis

Adrian de Kock, ‘n joernalis, is versoek om te kom getuig voor die etiese kommitteer van die parlement rondom die voorval toe Floyd Shivambu hom fisies toegetakel en sy kamera probeer afneem het. Kriminele klagtes teen Shivambu is steeds hangende.

Skole

Honderde leerlinge is nog nie geplaas in openbare skole nie en di bewering word gemaak dat die mense uit swart woongebiede die tradisionele blanke skole oorstroom het en daar gen plek is om al die leerlinge te huisves nie.