Nuusflitse

George brande duur voort

Die Montagu pas is steeds gesluit na brande uitgebreek het in die George omgewing. Vuurvegters is sedert Woensdag in ‘n stryd gewikkel om die brande onder beheer te bring. Dele van George is oortrek met rook en as, maar daar is tans nie enige eiendomme in gevaar nie.

Negatiewe  gradering nie goeie nuus

Die negatiewe gradering wat Moody’s rondom die middel-termyn begroting gegee het is nie goeie nuus vir die ekonomie nie, en ekonome waarsku dat Moody’s moontlik SA kan afgradeer in die komende maande. Die Rand het direk na die verklaring weer swakker vertoon.

Polisie, Polisie

Die SA Polisiediens het weer hul uitnodiging gerig tot voormalige lede van die diens om weer aansoek te doen ten einde die ernstige tekort aan kundigheid aan te spreek.