Nuusflitse

 

Regerings skuld nou 55,8% van BBP

Die regerings se leningskuld gaan na verwagting styg na 55,8% van die Bruto binnelandse produksie. ‘n “Aanvaarde” skuld verhouding is volgens Tito Mboweni onder 50% maar die verhouding in 2017/18 was reeds op 52,7% en sal stabiliseer op 59,6% teen 2023/24.  Die ekonomiese vooruitsigte vir die land is soos sy samestelling – donker.

Brande by Tuinroete steeds buite beheer

Twee verskillende brande in die Tuinroete area is steeds buite beheer. Die een brand is in die Tsitsikamma gebied terwyl die tweede brand in die Vermaakliheid gebied is. Die Otter staproete is gesluit weens die brand en meer as 200 vierkante kilometer  grond is beskadig.