Nuusflitse

Egpaar langs viswaters aangeval

‘n Egpaar is naby Fochville aangeval tydens ‘n visvang naweek.  Die man is dood in die aanval en sy vrou ernstig beseer.

 

Eldorado substasie brand

‘n Substasie onder die beheer van City Power in Eldorado Park is in ‘n brand vernietig.  Dit word vermoed dat plakkers of haweloses ‘n vuur naby die substasie gemaak het vir hitte.

Hofbevel teen Prasa

Die Pretoriase hooggeregshof het ‘n toesighoudende bevel uitgereik teen Prasa en hul beveel om te voldoen aan die veiligheidsvoorwaardes soos uiteengesit deur die Spoorweg Veiligheids Reguleerder.