Noord-Korea stel VSA voor keuse

Noord-Korea se minister van buitelandse sake het in die hoofstad, Pyongyang, gesê sy land sal nie met die ontwapening van kernwapens begin alvorens hy ’n konsessie  van Amerika ontvang het nie.

Die opmerking verskil grootliks van die ooreenkoms wat tussen president Donald Trump en Kim Jong-Un aangegaan is tydens hulle ontmoeting vroeër vanjaar.

Die minister sê daar is geen manier dat sy regering met die ontwapening sal voortgaan terwyl die sanksies teen sy land steeds toegepas word nie.

Tydens sy spreekbeurt in die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering verlede week, het minister Ri Yong Ho gesê Noord-Korea het gedurende die afgelope jaar besondere maatreëls van goeie gesindheid toegepas teenoor die VSA, maar het geen enkele toegewing ontvang uit daardie oord nie.

Hy sê sonder enige vertroue in die VSA sal daar in Noord-Korea s nasionale veiligheid onder sulke omstandighede geen manier wees om die kernwapen aanleg te vernietig sonder ’n teenprestasie nie.

Die Amerikaanse president het egter by herhaalde geleenthede beklemtoon dat die sanksies teen Noord-Korea staande bly tot die land se kernwapen aanleg afgebreek is.