Nog voetslaners op pad na VSA

Behalwe vir die groot optog van sogenaamde vlugtelinge wat te voet onderweg is na die Verenigde State van Amerika, is ’n tweede optog met nagenoeg 7,000 voetslaners nou ook op pad daarheen.

Die mense wat uit minstens drie verskillende lande in Sentraal Amerika woonagtig is, het reeds op die grens van Honduras aangekom.

Die eerste groep wat ’n veel groter optog is, is nog sowat 1,600 kilometer van die grens na Texas, en die VSA weermag is aangesê om op gereed te wees vir moontlike ingryping indien die onwettige immigrante dit sou waag om die grens na die VSA oor te gaan.

Guatemalan se regeringswoordvoerder het gesê die tweede groep het begin met sowat 1,000 mense maar die voetslaners het geleidelik meer gword en aangesluit om die optog mee te maak.

Die tweede groep volg glo in die voetspoor van die eerste, veel groter groep wat reeds deur die suidelike grens van Meksiko beweeg het gedurende die afgelope naweek.

’n Werker van Guatemala ht gesê hulle weet die optog sal nie in ’n paar dae iets van die verlede wees nie, maar durf die lang pad aan om uiteindelik as immigrante hul bestemming te bereik.

’n Woordvoerder van die Amerikaanse regering het bevestig dat dit reeds vasgestel is dat baie voetslaners afkomstig is uit di Midde-Ooste, en talle is geïdentifiseer as oproer makers en geweldenaars.