Nene swaai om oor Guptas

Nhlanhla Nene se verklaring dat hy die Guptas vier maal ontmoet het in sy termyn as adjunkminister van finansies is direk die teenoorgestelde wat ‘n video opname toon waarin hy voorheen verklaar het dat hy  net die Guptas ontmoet het by openbare byeenkomste.

Nene getuig tans voor die kommissie wat staatskaping ondersoek.

Hy het in sy weergawe gesê hy glo Jacob Zuma het hom as minister gepos omdat hy nie die kernooreenkoms met Rusland gesteun het nie, en ook probleme gehad met die bestuur van SAL.

Waarnemers is maar skepties oor sy aanvanklike verklaring dat hy die Guptas nie ontmoet het nie en dan weer sê dat daar vyf ontmoetings was. Daarmee het hy sy geloofwaardigheid reeds aangetas en in die lig daarvan is sy ander getuienis ook nie summier aanvaarbaar nie.