Nene moet Gupta kontak verduidelik

Die minister van finansies, Nhlanhla Nene, het verskeie ontmoetings gehad met die Guptas tydens sy eerste termyn. Selfs toe hy adjunkminister was, het hy met die gebroeders te doen gehad.

Nene moet sy weergawe van die ontmoetings nou gee as hy vandag voor die kommissie oor staatskaping moet verskyn.

So kom die geraamtes uit die kaste en steeds meer ministers se kontak met die Guptas word ontbloot, en waarnemers bespiegel al openlik wanneer Cyril Ramaphosa ook daarby betrek gaan word.