Nederland arresteer terroriste

Minstens sewe vermeende terroriste is in Nederland deur die polisie gearresteer weens hul planne om ’n reuse terroriste aanval in die land uit te voer.

Die polisie het daarna met hulle soektog voortgegaan en ook plofstof en ander toerusting gevind wat deur die sewe mans gebruik sou word.

Die sewe onwettige immigrante wat in die ouderdomsgroep 21 tot 34 is, het gewere, handgranate en selfs motorbomme gereed gehad vir die aanval.

Swaar gewapende polisiebeamptes het na deeglike beplanning, die boewe in twee dorpe, Arnhem (100 kilometer suid van Amsterdam) and Weert, naby die Duitse grens, vasgetrek.

Hulle het reeds Vrydag in die hof van Rotterdam verskyn, en word intussen aangehou tot ’n opvolg hofdatum bepaal is.

Politici van anti-immigrante partye het gesê dit is juis waarteen hulle vir jare gewaarsku het, en sê die vreemdelinge veroorsaak onrus en vrees by wetsgehoorsame burgers van Nederland.