Namibië word ook ’n grondgryper

Dit is nie net Robert Mugabe en Cyril Ramaphosa wat gronddiewe is nie, want nou het die Namibiese regeerder, president Hage Geingob, gesê hy is ook van plan om grond te gryp sonder vergoeding.

Politieke ontleders en landbouers het hewige kritiek geopper oor die benadering wat hy volg terwyl hulle van mening is dat die verkeerde mense betrokke is by die program.

President Hage Geingob maak dieselfde geluide wat hy by Ramaphosa gehoor het, naamlik dat “die meerderheid” van die land se inwoners swart is en van grond voorsien moet word.

Hy sê baie swartmense is van hulle produktiewe landbougrond verdryf en dit is nou tyd dat dit reggestel word.

Landbou kenners sê die produksie van voedsel gaan ’n swaar slag kry as die regering so ’n stap neem, en aangesien die land nie landbou vriendelik is nie, gaan dit eindig in totale chaos soos in Zimbabwe.

Die regering sê duisende swartes is van hulle grond verdryf deur die destydse Duitse maghebbers, en die swartmense het ’n reg om hulle eiendom terug te kry, en daarvoor word onteiening sonder vergoeding gedoen.