Musk word aangekla vir bedrog

Die Suid-Afrikaans gebore ruimtetegnoloog en eienaar van die Tesla elektriese motorvoertuig vervaardiger in die VSA staar glo vervolging in die gesig weens beweerde bedrog.

Die beskuldiging volg na ’n inskrywing van Elon Musk op die sosiale netwerk waarin hy genoem het om Tesla te privatiseer.

Die reguleerders in die VSA wil nie toelaat dat Musk ’n openbare maatskappy begin met Tesla nie, alhoewel die rede nie bekend gemaak is nie.

Musk het glo geskryf dat hy oor voldoende fondse beskik om Tesla om te skakel na ’n private eienaarskap van $420 per aandeel.

Later het Musk gesê hy het afgesien van die moontlikheid en die sogenaamde vervolgers se aantygings verwerp.

Hy het sy teleurstelling uitgespreek oor die optrede van vervolgers en gesê hy het nog altyd opgetree in belang van die volle waarheid.

Musk se aanvanklike opmerkings oor privatisering het egter die Tesla aandele met 10% laat daal, en het eers enkele dae later begin herstel.

Die vervolgers sê in hulle saak teen Musk dat sy opmerkings “vals en misleidend is” aangesien geen woord daaroor met die maatskappy hoofde bespreek is nie.