Musk tree uit as Tesla voorsitter

Tesla se hoofuitvoerende beampte en ruimte tegnoloog, Elon Musk, het ingestem om ’n boete van $20 miljoen te betaal en uit te tree as voorsitter van die Tesla maatskappy.

Die opspraakwekkende gebeurtenis volg nadat Musk op die sosiale netwerk gesê het hy beskik oor die fondse en wil die Tesla maatskappy geheel en al privatiseer.

Die Veiligheid en Verhandelings Kommissie het gesê die stappe is nodig, want Musk het geweet dat sy opmerkings op die sosiale netwerk was misleidend en het onrus veroorsaak onder aandeelhouers.

Musk mag vir ’n tydperk van drie jaar nie die amp as voorsitter van die Tesla raad beklee nie vanweë sy misleidende opmerkings oor die toekoms van die maatskappy.

Die Tesla aandele het drasties gedaal nadat Musk die opmerking gemaak het, en het aandeelhouers en direkteure van die Tesla raad hewig ontstel.

Tesla oorweeg dit om ’n onafhanklike persoon as voorsitter aan te wys en selfs twee buitestaanders as bykomende direkteure aan te wys om soortgelyke voorvalle te verhoed.

Foto – Elon Musk