Motor rubriek – Toyota Aygo 1,0

Wanneer daar deesdae in die dorpe, stede en selfs op die snelweë beweeg word is dit bykans ongelooflik om te sien hoeveel kleiner motors op die pad beweeg. Indien daar egter na die brandstof prys gekyk word kan dit verstaan word. Ons ouer lesers sal onthou van die brandstof krisis gedurende 1973. Welliswaar het ons nie ‘n brandstof krisis nie maar wel ‘n prys krisis en om dit te kan oorleef is ‘n mens verplig om na ‘n kleiner of meer brandstof effektiewe voertuig te kyk.

Toyota is een van die leiers op die gebied van kleiner motors en die Toyota Aygo is dan so ‘n motor. Die plaaslike reeks bestaan uit vier verskillende modelle wat verskillende kleure verteenwoordig. Die luukste een van die reeks is die X-Cite en hierdie voertuig het ‘n oopmaakbare sondak en bykomende sykant lug sakke wat die totaal aantal lug sakke op ses te staan bring. Hierdie motor word in die Tjegiese Republiek gebou en daar is na verneem word 3200 werkers wat in die fabriek werk.

15 duim allooi wiel vellings is gepas en in die plek van die noodwiel is daar ‘n lugdruk pomp. Van die kant gesien is daar ‘n swart afwerking lyn wat eintlik deel vorm van die sykant spieël maar wat ook aanpas by die allooi wiel vellings. Bokant die die swart sierrooster is die Toyota embleem aan die onderkant van die enjin kap, in die middel gemonteer.

Behalwe die lugsakke vorm ‘n ABS remstelsel met remhulp-ondersteuning deel van die veiligheidsaspek van die voertuig asook voertuig stabiliteit stelsel. Remhulp wanneer daar teen ‘n steilte vertrek moet word, is ook deel van die pakket. ‘n Sentrale sluitstelsel en agterdeurre met slotte wat nie deur kinders oopgemaak kan word nie, is deel van die veiligheidspakket. Behalwe die gewone lang agterligte is daar kolligte aan die agterkant van die voertuig gemonteer wat lig verskaf wanneer daar agteruit beweeg moet word. Die kattebak deksel is 75 cm bo grondvlak en die bagasie bak is 30 cm diep. Dit kan 168 liter bagasie neem maar indien die agterste sitplek leuning plat gevou word, kan dit 806 liter bagasie neem.

Die instrument paneel met die groot snelheids meter is reg voor die bestuurder gemonteer en die is duidelik leesbaar deur die speke van die stuurwiel. Al die beheer skakelaars vir die ander toerusting is in die middel van motor gemonteer en is binne maklike, bereikbare afstand.

‘n Drie silinder, 998 kub. sentimeter,12 klep, dubbel oorhoofse nokas, dwars gemonteerde enjin voorsien die krag aan die vyf spoed ratkas wat die voorwiele aandryf. Wat die krag aanbetref is daar 53 kW beskikbaar teen 6000 o.p.m. en die die wringkrag van 93 Nm is beskikbaar by 4400 o.p.m. Na verneem word is die brandstof verbruik 5,1 l/100 km en neem die brandstofhouer 53 liter.

Die versnelling van 0 tot 100 km/u neem 13,8 sekondes en die topsnelheid is 160 km/u. Padgedrag vir die grootte voertuig is van hoogstaande gehalte en dit is die ideale voertuig vir stad/dorp gebruik maar ook vir die lang pad sou dit nodig wees.

Indien u ‘n tweede voertuig sou wou aanskaf, maar dit is ook ‘n goeie eerste voertuig, kan u gerus u naaste Toyota handelaar besoek en dit vir ‘n toetsrit neem.