Michael laat spoor van verwoesting

Die Orkaan Michael wat verlede week die Amerikaanse deelstaat Florida getref het, het ’n spoor van verwoesting gelaat soos wat nog nooit tevore in die staat ervaar is nie.

Gesinne wat na die geweldige storm teruggekeer het moes tot hulle ontsteltenis vind dat talle woonhuise gelyk met die grond gemaak is en dat niks bruikbaar daarvan oorgebly het nie.

Die weerkundiges sê dit is die ergste storm wat Florida nog getref het en die sowat 375 000 mense wat waarskuwings ontvang het om uit die gebied pad te gee, het verslae teruggekeer na ’n omgewing wat verwoes is.

Goewerneur Rick Scott van Florida het later gesê daar is baie families wie se lewens vir altyd verander het, en baie het alles wat hulle besit in die vreeslike ramp verloor.

Verlede Woensdag het die storm ’n Kategorie 4 sterkte gehad toe dit die Kus van Florida bereik het, maar het later afgeplat na Kategorie 1, maar toe was die ergste skade reeds aangerig.

Windsterkte van meer as 240 kilometer per uur het honderde huise, sakepersele en kerkgeboue beskadig en baie platgevee met die grond.

Die kusdorp Meksiko Beach se 1 200 inwoners is feitlik almal gestroop van hulle eiendom en die dorp is feitlik totaal vernietig met die geweldige wind wat vir ure gewoed het.

Meer as 900 000 woonhuise en sakeonderneming se geboue is in die deelstate Florida, Alabama en Georgië was vir etlike dae sonder krag en baie was sonder water vir drie dae.