Metrospoor se bestuur ontspoor

Die Kaapse LUK vir Gemeenskapsveiligheid, Dan Plato, het gesê dat die bestuur van Metrospoor totaal in wanorde is en dat die stelsel inmekaar gestort het.

Wie skuld hiervoor gaan aanvaar sal seker nooit werklik plaasvind nie, want onbekwame amptenare word van een departement na ‘n ander geskuif sodra hul onbevoeg is om hul werk te doen. Daardeur gaan die spoor van verwoesting net voort.