Merkel spartel om stemme te kry

Die verkiesing in die Duitse deelstaat Hesse kan Kanselier Angela Merkel se politieke loopbaan finaal knak as die peilings vir die komende verkiesing ’n aanduiding is van wat die uitslag sal wes.

In ’n poging om stemme te werf, het die Duitse kanselier so vêr gegaan as om te pleit dat die vervaardiging van diesel aangedrewe motors nie gestop moet word ni en dat owerhede nie ’n verbod op sulke motors moet plaas in stede nie.

Die Christen Demokratiese Unie van kanselier Merkel is in ’n verbeter stryd gwikkel in die deelstaat om te voorkom dat Hesse ’n herhaling word van Bavaria waar sy enkele weke gelede ’n drag slae op die lyf geloop het.

Merkel se argument is dat dit onwenslik is om dieselmotors te verban in stede waar die besoedelingsvlak nie so hoog is nie.

Aan verslaggewers het sy gesê dit is ook aanvaarbaar dat eienaars van ou dieselmotors steeds van die voertuie gebruik, wat dirk in stryd is met die omgewingsbewaarders wat sê die ou dieselmotors behoort nie langer op paaie toegelaat te word nie.

Haar opmerkings is ook in stryd met ’n hofbeslissing wat dieselmotors in Berlyn verbied het weens di geweldige besoedeling, en word gevra wat Merkel se eintlike beleid oor die aangeleentheid is.

Vroeër het die regering gesê die eienaars van dieselmotors behoort hulle voertuie gereeld te laat toets om besoedeling ten te werk/