Merkel se struikel politiek

Dit is Bondskanselier Angela Merkel wat met haar “oop deur” beleid om onwettige immigrante onbeheers toegelaat het wat die Duitse politiek, wat redelik stabiel was, deurmekaar laat trap het.

Die opkoms van nasionalisme het in elke verkiesing daarna getoon dat die ontevredenheid nie net by lede van die nasionalistiese Alternatief vir Duitsland lê nie, maar ook in die geledere van haar eie party, die Christen Demokratiese Unie, sowel as by die politieke bondgenoot, die Christen Sosiale Unie in die deelstaat Bavaria.

Tydens die federale verkiesing moes die kanselier sien hoe die een na die ander deelstaat se meerderheid van haar ondersteuners kleiner word, tot waar die eerste peilings getoon het dat die sterk meerderheid so gedaal het dat sy verplig was om met haar grootste politieke vyand, die Sosiaal Demokrate, moes omarm as koalisie vennoot om te bly regeer as kanselier.

Vanjaar kom sy tot die ontnugtering dat die peilings korrek is toe Merkel eers struikel in die konserwatiewe Bavaria, en enkele weke later struikel sy in Hesse, wat haar tot die besef gebring het dat haar tyd min geword het in die politiek.

Toe sy dus Maandag by ’n bestuursvergadering van die CDU aankondig dat sy nie weer beskikbaar is as kandidaat vir die amp as voorsitter nie, was dit duidelik dat Kanselier Merkel nie kans sien om in Desember se kongres, verslaan te word wanneer ’n voorsitter gekies moet word nie.

Dit is egter verrassend dat sy te kenne gegee het on steeds as kanselier te wil aanbly tot 2021, maar dat dit slegs kan gebeur as die CDU kongres haar nog as kanselier gaan gedoog in die volgende drie jaar.

Europese meningsvormers reken wanneer Kanselier Angela Merkel wankel, beef die Europese Unie en bestaan ‘n groter moontlikheid dat die liggaam die krisis nie gaan oorleef nie.

Foto –  Kanselier Angela Merkel