Merkel en Macron bots oor Saoedi wapens

Bondskanselier Angela Merkel van Duitsland wil die lewering van wapens aan Saoedi Arabië staak afhangende die ondersoek se uitkoms oor die moord op die joernalis Jamal Khashoggi in die Saoedi-konsulaat in Turkye.

President Emmanuel Macron van Frankryk stem nie saam nie en die twee leiers het verlede Vrydag skerp gebots oor toekomstige uitvoere na Saoedi Arabië.

Macron verskil in standpunt en kom daarmee ook te staan teen die amptelike siening van die Europese Unie wat ’n beroep doen op lidlande om nie wapentuig na die Arabiese land uit te voer nie.

Kanselier Merkel het voet by stuk gehou en gesê sy was telefonies in verbinding met die Saoedi koning en hom meegedeel dat die gruwelike misdaad eers finaal opgeklaar moet word alvorens enige wapen uitvoere weer kan plaasvind.

Politieke ontleders meen die standpunt van president Macron bevestig sy onvermoë om ’n sterk leier in Europa te word.

Foto – President Macron van Frankryk