Melanie Trump in benoude oomblikke

Die Eerste Dame van Amerika, Melanie Trump, het ’n noue ontkoming gehad toe die vliegtuig waarin sy sou reis, skielik moes terugkeer na die aanloopbaan omdat rook in die vliegtuig waargeneem is.

Die lugvaart owerheid het in ’n verklaring slegs gemeld dat ’n “meganiese probleem” ontstaan het wat geen wesenlike gevaar was nie, maar wel reggestel moes word deur dadelik terug te gaan na die aanloopbaan.

Verslaggewers wat saam met Melanie sou reis, sê die vliegtuig bemanning het nat handdoeke aan die passasiers gegee waarmee hulle hul gesigte moes bedek as die rook te veel word.

Die vliegtuig het onmiddellik teruggekeer na Joint Base Andrews waar dit veilig geland het en geeneen van die passasiers beseer is nie.

Melanie was egter heel ontspanne toe sy die vliegtuig verlaat het en kon nie sê of sy haar afspraak met ’n klomp kinders later sou nakom nie.

Later is berig dat sy wel die afspraak kon nakom toe ’n ander tuig inderhaas gereed gemaak is vir die reis.