Meksiko: Nuwe president laat polisie skrik

Die nuutverkose president van Meksiko, Andrés Manuel López Obrador, het sy eerste verkiesingsbelofte nagekom toe hy opdrag gegee het dat die verdwyning van 43 studente weer ondersoek moet word.

Die president het aangekondig dat die beweerde moorde op die studente in 2014 deeglik ondersoek moet word.

Dit is nie net ’n verkiesingsbelofte wat nagekom word nie, maar ook die nuwe president se eerste taak, alhoewel die linkse staatshoof eers in Desember as president ingehuldig word.

Die president het ’n ontmoeting gehad met die ouers van die vermiste studente wat na beweer word, deur lede van die polisie ontvoer is.

In 2014 het korrupte polisiebeamptes glo die onderwys studente wat verbonde was aan die  Ayotzinapa Onderwyskollege in hegtenis geneem en ontvoer na ’n onbekend bestemming.

Die vermoede bestaan dat die studente vermoor is, maar die ouers hoop om meer lig op die saak te bekom en is dankbaar vir die hernude ondersoek.

Die uittredende president, Enrique Pena Nieto, en sy regering is oor die afgelope jare sterk gekritiseer vir hulle klaarblyklike onwilligheid om deeglike ondersoek na die voorval te beveel.

Foto – Andrés Manuel López Obrador