Meksiko bied verblyf aan voetslaners

Die regering van Meksiko het aangebied om verblyf plek te gee vir di onwettige immigrante wat te voet onderweg is na die grens van Amerika.

Te midde van die massa voetgangers wat nog sowat 1,000 kilometer het om te stap, kan daar vir hulle ’n verrassing wag nadat die Trump-regering goedkeuring gge het dat sowat 1,000 weermag troepe na die grens met Meksiko gestuur word waar die grensheining nog nie opgerig is nie.

Die onwettige “immigrante karavaan” sal glo deur die Meksiko regering gehuisves word as hulle aansoek doen om asiel en verblyf in die land.

Pena Nieto van Mksiko het deur middel van ’n video op die internet gesê Meksiko is bewus daarvan dat die mense van die drie land op soek is na beter huisvesting en ’n beter toekoms vir hulle gesinne, en Meksiko bied hulle die geleentheid om in die land ’n nuwe begin te maak.

Hy sê Meksiko sal tydelike huisvesting bied tot die verblyf aansoeke afgehandel is waarna hulle geleentheid sal kry om vir ’n nuwe toekoms te werk.

Waarnemers sê die uitnodiging kom betyds om ’n gevaarlike situasie by die grens van Amerika te vermy.

Die liers van die meer as 5,500 optoggangers het egter die aanbod van di Meksikaanse regering van di hand gewys en sê hulle sal nie gestuit word om hulle eindpunt te bereik nie.