Masedonië kry (dalk) nuwe naam

Of die stryd tussen Griekeland en Masedonië beëindig is, sal slegs di tyd leer nadat ’n referendum gehou is om beslissing te kry vir die verandering van die naam na die Republiek van Noord-Masedonië.

Vir 30 jaar is daar onenigheid tussen die Grieke en die Masedoniërs oor die staat se naam wat bots met die Grieke se gebied met dieselfde naam.

Nou het die Masedoniërs ’n referendum gehou  om ’n beslissing te kry oor hulle land se naam, en moes hulle vir of teen die voorgestelde naam stem.

Alhoewel meer as 90% van die stemme wat uitgebring is ten gunste van die nuwe naam, Die Republiek van Noord-Masedonië is, het slegs 35% van die land se kiesers gestem, en bestaan daar onsekerheid of die referendum se uitslag geldig is.

Kenners is van mening dat minstens 50% van die geregistreerde kiesers moes gestem het, en die feit dat baie kiesers geweier het om te gaan stem, laat die vermoede bestaan dat die naamsverandering nie geldig is nie, en dalk in die hof beslis gaan word.