Leerlinge brand skool af

n  Groep matrikulante in die Oos-Kaap  het hul  skool se administrasie gebou aan die brand gesteek uit protes teen die skool en departement se reëlings dat sekere vakke die jaar afgehandel sal word terwyl die res in 2019 geskryf sal word.

Hul eis dat hul al sewe vakke die jaar sal skryf – dit volg nadat hulle sekere vakke in 2017 gedruip het maar hul uitslae toon dat hul wel geslaag het.

Die onbehoorlike wyse waarop leerlinge se slaagpunte toegepas word is een van die kernprobleme waarom die werkers onbekwaam in die werkplek is, want met ’n druipeling wat gehelp word deur hom te laat slaag, ly die werkgewer uiteindelik onder die wanpraktyk.