Krakers breek deur VSA Verdediging

Duisende werkers se persoonlike besonderhede is blootgelê wat sleutelposte beklee in die Amerikaanse Departement van Verdediging.

Die regering van Amerika het die afgelop week sterk kritiek gelewer op die departement se nalatige optrede om nie te verseker dat besonderhede oor belangrike wapenstelsels beskerm word teen kuberkrakers nie.

Onbekende krakers het egter daarin geslaag om die VSA se Departement van Verdediging binne te dring en sowat 30 000 werkers se persoonlike besonderhede bekom.

Die vermoede bestaan dat die departement nou eers die krakers se deurbraak ontdek het wat waarskynlik etlike maande gelede al gedoen is.

Waarnemers meen die moontlikheid bestaan dat die kuberkrakers verbind kan word met Moskou of selfs Sjina, maar ondersoeke is tans aan die gang in ’n poging om vas te stel waar die krakers is.