Kataloniese separatiste verloor hul beheer

Die Kataloniese separatiste wat hulle beywer vir die onafhanklikheid van die streek as ’n volksrepubliek, het hulle beheer in die streek se parlement verloor.

Konfrontasie het ontstaan tussen die koalisievennote wat dan ook beteken dat alle vorige besluite wat tydens hierdie parlementsitting geneem is, nietig verklaar kan word deur die pro-Spaanse parlementslede.

Die president, Quim Torra, het die afgelope week vyf stemme verloor weens die onderlinge geskil, en daarmee sy meerderheid in die parlement verloor.

Met ter perse gaan was dit nog onduidelik of die parlement ’n nuwe president sal aanwys, en of Quim Torra tog daarin sal slaag om die verskil uit die weg te ruim en beheer te behou.