Italië bots met EU oor begroting

’n Oorlog met woorde is besig om tot gevaarlike vlakke te styg tussen die Europese Unie en die nasionalistiese regering van Italië oor die EU se begroting regulasies en die begrotingsplan van die Italiaanse regering.

Brussel het die regering in Rome daarop gewys dat die voorstel wat hulle ingedien het nie aan die vereiste regulasies voldoen nie, waarna ’n woordestryd ontstaan het wat nie gou gaan eindig nie.

Italië het die EU beskuldig van “ekonomiese terrorisme” terwyl die minister van finansies in die EU weer die Italiaanse regering gewaarsku het om die EU regulasies te eerbiedig wat ondermeer ook bepalings bevat oor openbare uitgawes.

Die woordestryd kom nadat die Italiaanse regering groot belasting kortings en verhoogde uitgawes in sy nuwe begroting aangedui het.

Die EU beweer dat die twee faktore die skuldlas van Italië verder gaan verhoog, en is in stryd met die EU regulasies in die verband.

Die adjunkpremier van Italië, Luigi Di Maio, sê daar is instellings wat terrorisme na die finansiële markte bring, wat onaanvaarbaar is, en moet reggestel word.

Italië se finansiële skuldlas is besonder hoog, en ekonome meen die las moet eers afgewerk word voor groot belasting toegewings gemaak kan word.