Die Republiek van Ierland het President Michael D Higgins herkies in sy amp vir ’n volgende termyn, en die president is met ’n oorweldigende meerderheid ondersteun.
Die kiesers het ook in ’n referendum met 69% steun hul goedkeuring gegee dat die bepaling oor lastering uit die grondwet verwyder word.
In die eerste rondte van die stemming vir ’n president, het die huidige president 58% van die stemme getrek en die ander vyf kandidate het slegs 42% gesamentlik gekry.
In die tweede rondte het president Michael D Higgins ’n weghol oorwinning gehad om as staatshoof vir die volgende termyn te dien.
Die president het 56% van die stemme op hom verenig teenoor die kandidaat se 23% wat tweede gekom het. Die ander kandidate het uiters swak gevaar.
President Higgins is die eerste president sedert 1966 wat vir ’n tweede termyn gekies is.
Foto – President Michael D Higgins
Nuutste kommentaar