Hongarye: Droogte bring groot ontdekking

Die erge droogte in groot dele van Europa het ook in Hongarye sy uitwerking wat die bekende Donau rivier se watervlak drasties laat daal het.

Een van die geskiedkundige brûe by Boedapest wat in die Tweede Wêreldoorlog deur die Duitsers plat geskiet is, se oorblyfsels is nou weer gevind nadat dit vir dekades onder die water weggesteek is.

Ou foto’s toon die brug wat as verbinding tussen die twee distrikte, Boeda en Pest  was, maar wat in die oorlog vernietig is.

Die brug se oorblyfsels is egter nie die grootste fonds wat gevind is vanweë die lae watervlak van die bekend rivier nie.

Meer as 2,000 goue en silwer muntstukke is een deel van talle ander items wat in die rivier gevind is, slegs sowat 15 kilometer weg van Boedapest.

Deskundiges meen die muntstukke kom van ’n skip wat gedurende die 18 de eeu gesink het, en navorsers van die Ferenczy Museum het die vermoede bevestig