Hong Kong verban anti-Sjinese politieke party

Vir die eerste keer sedert Hong Kong weer onder Sjinese bevel staan het die regering ’n politieke party verban wat hulleself die Hong Kong Nasionale Party noem.

Die nasionalistiese party, wat nie veel steun geniet nie, eis dat Hong Kong se Spesiale Administrasie Streek van Sjina, afgeskei word van die Sjinese staat.

Die minister van veiligheid in Hong Kong sê die verbanning is noodsaaklik ter wille van veiligheid, maar kritici meen die optrede kom nadat die Sjinese owerheid opdrag gegee het vir die verbanning.

Waarnemers meen dit is Beijing se optrede om beheer te hou oor Hong Kong, en slaan geen ag op die menseregte van die inwoners nie.

Die Nasionale Party is alom bekend in Hong Kong, en bestaan reeds jare, maar is nie aanvaarbaar vir Sjina nie omdat hulle die “Britse Kroon Kolonie van Sjina” wil omskakel in ’n onafhanklike staat.

Oor die afgelope 21 jaar het Sjina sy greep op Hong Kong geleidelik verstewig en verskeie groepe en partye wat gepoog het om ’n nasionalistiese inslag te bevorder, summier uit die weg geruim.

In 2014 het derduisende inwoners van Hong Kong in straat optogte geëis dat die gebied groter outonomiteit kry, maar Sjina het dit geweier alhoewel die inwoners met leë bloftes getroos is.