Hewige storm teister Spanje

Swaar reën neerslae het groot vloedskade in die suide van Spanje veroorsaak nadat hewige storms losgebars het en die Spaanse weermag ontplooi moes word om bystand te lewer in die reddingswerk wat deur nooddienste gelewer word.

Mallorca in die suide van Spanje,  is minstens ses mense dood en tientalle ernstig beseer in die aanhoudende swaar reën wat onophoudelik gedurende die nag geval het.

Berigte dui daarop dat die dorp Sant Llorenc die swaarste getref is en dat dit daar is wat die mense omgekom het.

Inwoners is bekommerd oor sowat 12 tot 20 mense wat vermis word, en vermoedelik deur stormwater meegesleur is.

Baie mense is in hulle woonhuise vasgekeer weens die stormwaters en Noodwerkers se reddingswerk word daardeur bemoeilik omdat die paaie in die omgewing onbegaanbaar is.

Dosyne motors is deur die vloedwater weggevoer en baie staan geheel en al onder die water, terwyl ander eiendom onherstelbaar beskadig is.