Hewige aardbewing skud N-Seeland

Nieu-Seeland het pas ’n hewige aardbewing gehad wat 6,2 op die Richterskaal geregistreer en die Noordelike Eiland geskud het.

Die sentrale punt van die skudding was sowat 63 kilometer ten ooste van New Plymouth, mar die diepte daarvan was 1,65 kilometer onder die oppervlakte, wat die skade beperk het.

Die skudding is tot in die hoofstad Wellington gevoel en het duisende mense paniekbevange uit geboue laat spaander.

Die skudding wat sowat 30 sekondes geduur het het deskundiges genoodsaak om sekere geboue te inspekteer vir moontlike gevare, maar volgens woordvoerders is geen ongevalle aangemeld nie.

Dit is die tweede swaar aardbewing wat die land tref, ’n die vorige een van 7,6 op die Richterskaal het op die Suid Eiland voorgekom in 2016.