Hewige aardbewing skud Griekeland

’n Hewige aardbewing wat 6,4 op die Richterskaal geregistreer het, het Griekeland die naweek getref in die westelike kusgebied van die land.

Die skudding was so hewig dat dit selfs in Libya gevoel is het egter nie veel skade veroorsaak nie alhoewel enkele geboue geringe skade opgedoen het.

Die aardbewing is volgens die Griekse Instituut sowat 50 kilometer suid van die gewilde vakansie eiland Zakynthos, waar ’n reeks sterk naskokke gevol kon word.

Drie persone wat beserings opgedoen het, is by die nabygeleë hospitaal opgeneem vir behandeling en geen noemenswaardige skade is aan eiendomme gerapporteer nie.

Amptenare sê die kragonderbrekings wat deur die skudding veroorsaak is sal binne enkele dae weer herstel wees